
Ons het reeds in die verlede die korrelasie tussen die euro/dollar en kommoditeite bepreek. Kortliks – kommoditeite word internasionaal geprys en verhandel in terme van die dollar. DIe prys van kommoditeite styg in terme van die dollar wanneer die dollar teen die Dollar Indeks verswak. Op die grafiek hieronder sien ons die dollar teen die euro (in blou) en die ‘CBOT Wheat’ (in groen).. Wanneer die Federale Reserweraad meer dollars druk, styg die waarde van kommoditeite in terme van die dollars wat in omloop is.
Vraag en aanbod speel natuurlik die bepalende rol by die prys van kommoditeite – in der waarheid, vir enige produk of diens. Dit gaan egter oor die koopkrag van daardie prys en die winsmarge van die produsent teen daardie prys wat gevorm word deur vraag en aanbod. Die huidige SAFEX-prys is R1 000 per ton hoër as die rekord-pryse gedurende 2008, maar die koopkrag is 72% laer (gemeet in terme van onse goud per ton koring. Goud is die enigste geldeenheid met n stabiele koopkrag en is ‘n betroubare eenheid om as maatstaf te gebruik).
Die relatiewe sterkte van die dollar speel ‘n baie groot rol in die winsgewendheid van kommoditeit-produsente. Die winsgrense van koringboere word groter tydens periodes van ʼn verswakkende dollar en krimp tydens periodes van ʼn sterker dollar. Daarom is dit van groot belang dat ons die beweging van die dollar in aanmerking neem. Die beweging van die dollar, onafhanklik van die beweging van die rand teen die dollar, bepaal die winsgewendheid van koringboerdery. Die koopkrag per ton koring, met ander woorde die reële- prys van koring, styg wanneer die dollar verswak teen die euro, selfs al versterk die rand teen die dollar. Wanneer dit gaan oor die langtermyn-winsgewendheid van koringverbouing, is die euro/dollar van groter belang as die rand/dollar. Die korttermynbeweging van die rand speel wel sy rol by invoerpariteit, maar die koopkrag van daardie invoerpariteit is groter tydens periodes van dollarswakheid.
Die prentjie behoort nou duideliker te wees.
Euro/dollar (blou) en ‘CBOT Wheat’ (groen) sedert 1971

Kom ons kyk dan na die euro/dollar en wat ons kan verwag oor die komende maande en selfs jare.
Euro/dollar sedert 2005

Die dollar het vanaf 2000 tot 2008 met 82% verswak, en gedurende die periode het ‘CBOT Wheat’ met 300% gestyg. Die beste prys, in terme van koopkrag, wat die Suid-Afrikaanse boer oor die afgelope 20-jaar gehad het, was gedurende die 2008-seisoen toe die dollar op sy swakste was. Die dollar het sedert 2008 met 31% versterk, en dit het ‘n groot rol gespeel in die 63% daling van die CBOT-prys. Die sterker dollar sedert 2008 het geweldige druk geplaas op die winsmarges van koringboere wêreldwyd.
Ons kan die stelling maak dat dit basies onmoontlik is vir die CBOT-prys om bo die internasionale koringtariefvlak uit te styg tydens tye van ‘n sterk dollar, maar dat dit meer waarskynlik word tydens ‘n swakker dollar.
Die Federale Reserweraad wil die dollar doelbewus verswak en hulle gebruik rentekoerse naby aan zero asook kwantitatiewe verruiming om dit te bewerkstellig. Die eerste teiken is ‘n 6% verswakking tot by 1,22 en indien die dalende kanaal se weerstand by ,.22 kan breek, maak dit die deur oop vir ‘n beweging na 1,5 tot 1,6. Ons kan dus verwag dat reële prys van koring vir die plaaslike produsent sal styg soos wat die dollar verswak.
ZAR/USD sedert 2018

Ons kan verwag dat die rand sal kom steun soek by 15,50 voordat die volgende verswakkende tendens begin.
SAFEX Koringpryse Julie 2020

Die Julie-kontrak nader ons teiken van 6200 R/t.
SAFEX Desember-koringprys vooruitskatting

Die Desember-kontrak bevestig die sterk steunvlak by 4800 R/t. Die prys is oor-verkoop soos aangedui deur die ossileerders in die boonste venster. Ons kan dus verwag dat steun sal hou en dat die prys kan styg van die vlakke af.
U kommentaar op die artikel is welkom! Sterkte met die seisoen.
Nicolaas Hanekom
Related Posts

Heimker Investing Fund Performance
Quarter 3 (September 2022), Heimker Investing Fund Performance Card, by Oak Advisory Portfolio Manager: Stephen Oosthuizen ...

May I have some more – maize meal?
The white maize demand for human consumption is exploding in South Africa. We saw a year-on-year increase in demand between 2018 and 2019 of...
