
Die bemarkingsjaar vir 2020/2021 is nou halfpad deur September en die graadprobleme in die westelike dele van die somer produserende gebied het daartoe gelei dat witmielielewerings baie laat is die seisoen. Daar is nog heelwat witmielies wat gelewer moet word om by die OSK se huidige nommers te kom. Dit begin voorkom dat die oesskatting deur die OSK vir WM dalk te hoog kan wees en vir YM te laag. Mielies wat gelewer word oor die volgende paar maande wat op die plaas self gestoor is sal bepaal hoe naby die lewerings aan die OSK se syfers is.
Kom ons kyk na die data vir mielielewerings geeindig 28-weke van die bemarkingsjaar vir verskillende seisoene. Ons kan duidelik sien dat WM vir 2020/21 heelwat agter die afgelope vyf-jaar se tempo is. Slegs 85,4% van die oes is gelewer teenoor ‘n 5-jaar gemiddeld van 90,7%.
Aan die anderkant is YM op koers om die skatting te haal en kan selfs 50 000 tot 100 000 ton groter wees as die huidige OSK syfer.
Tabel 1 wys mielies gelewer as ‘n persentasie teenoor die OSK.
Tabel 2 wys die tonne uitstaande teenoor die OSK/ tonne wat nog gelewer moet word om by die OSK te kom
Tabel 1
Tabel 2
Indien ons die aanname maak dat vir die 2020/21 seisoen gaan retensies/plaasgebruik vir WM 400 000 ton en YM 300 000 ton wees, is daar nog 914 000 ton WM uitstaande en 247 000 ton YM uitstaande. ‘n Totaal van 1,161 miljoen ton mielies.

Tabel 3
Die laaste tabel (tabel 4) is vir my baie belangrik. Dit wys die totale mielies in beide WM en YM wat tydens die periode van 1 Oktober tot 28 Februarie gelewer word (Bron: www.sagis.org.za).Dit is meestal net mielies wat op die plaas self gestoor word en aan silo’s/verwerkers gelewer word tydens die periode.
Ongeveer 500 000 tot 600 000 ton word jaarliks in die periode gelewer in totaal vir wit- en geelmielies.
Die verwagting is dat die syfer die jaar hoër sal wees met plaasstoor wat toeneem. Dit is wel duidelik dat die syfer wesenlik sal moet toeneem vir die OSK se syfers om te realiseer.

Tabel 4
Vir meer inligting kontak stephen@heimker.co.za
Related Posts

Heimker Investing Fund Performance
Quarter 3 (September 2022), Heimker Investing Fund Performance Card, by Oak Advisory Portfolio Manager: Stephen Oosthuizen ...

May I have some more – maize meal?
The white maize demand for human consumption is exploding in South Africa. We saw a year-on-year increase in demand between 2018 and 2019 of...
